Raak Betrokke
Wil jy deel word van ons span omgee harte?
Ons verwelkom enige hulp met ope arms
Soos enige ouer deeglik van bewus sal wees, vat dit ‘n weermag om kinders groot te maak.
Elkeen van ons 63 kinders is soos ons eie vlees en bloed en ons maak hulle ook so groot. Dit sal egter nie moontlik wees vir ons om so mooi vir ons kinders te sorg, soos wat ons doen, sonder die hulp en ondersteuning van ons goedhartige gemeenskap nie.
Ons waardeer enige en alle hulp en ondersteuning en vra dat u sal aanhou om ons hande sterk te maak en hierdie kinders die geleentheid te bied om te kan groei in die beste toekomstige jongmense wat hulle kan wees!
Behoefte lysie
- Skoolrokke Reddersburg
- Skoolhempde – grys, kortmou, das kraag H/S- tot 42 nekgrootte
- Skoolhempde, grys, kortmou, oopslaan L/S- vanaf 7-8jr. to 13-14 jr.
- Skoolhempde wit langmou H/S seuns en dogters
- Skoolbroeke, grys lank H/S seuns
- Skoolbroeke, grys kort – Junior seuns
- Skooltruie bottelgroen V-nek vir seuns en dogters
- Skoolkouse, lang grys kouse en wit dogters kouse
- Sportsakke
- Skooltasse
- Skool skoene (11K-9G – dogters; 11k-10G Seuns)
- Rugby Tokse
- Spykerskoene
- Groen Drymacs – Juniors seuns en dogters
- Swart sykouse sizes small – large (Meer Small en Medium sizes nodig as Large)
- Swart potloodrompies vir Hoërskool Dogters
Ander maniere om betrokke te raak
Ons verwelkom enige hulp wat ons sal bemagtig om ons kinders veilig gesond, gelukkig en onderrig te hou met ope arms. Ons verwelkom ook dus enige geldelike donasies asook enige ondersteuning, in terme van dienste, wat die leerders mag nodig hê. ‘n Paar dienste waarby ons kinders grootliks sal baat:
- Sielkundige, Phsigiatriese hulp of berading
- Arbeidsterapie
- Spraakterapie
- Physio terapie
- Opvoedkundige evaluasies
- Beroepsvoorligting
- Forensiese assessering
- Personeelopleiding en Ontlonting

