Ons Storie
President Kruger Kinderhuis te Reddersburg is die trotse huisvesting van vele kinders al vir baie dekades, en hoewel ons altyd vorentoe kyk en ons oë op God rus sal ons nooit vergeet waar ons wortels vandaan kom nie.
‘n Tydelike veilige hawe in Reddersburg
In 1920 is ‘n tehuis vir weeskinders gestig op Reddersburg.
Die tehuis het egter na 2 jaar sy deure gesluit weens ‘n gebrek aan steun en befondsing.
Kerke in die omgewing het geweier om die gedagte, waarop ons kinderhuis vandag steeds geanker staan, te laat sterf. Hierdie gedagte is in ‘n tas gepak en saamgedra op ons paadjie vir ‘n volle 41 jaar!
Ons paadjie het al menigde kronkeldraaie met ons geloop, met die begin punt in Pretoria.
Die oorspronklike begin van die President Kruger Kinderhuis in Pretoria
In 1936 is daar £2 000 ingesamel vir die bou van ‘n veilige hawe vir weeskinders in die voorstad van Villieria in Pretoria.
Bouwerk
Deur die hulp en bemiddeling van Min. P.G.W. Grobler is ‘n stuk grond in Voortrekkerweg geskenk waarop die kinderhuis gebou sou word.
Argitek P.S. Dykstra is gevra om die bou planne op te trek vir ‘n gebou met ‘n beoogde waarde van £3 000.
In 1939 is die voltooiing van die bouwerk gevier met P.G.W. Grobler se neerlê van die hoeksteen.
Die totale uiteindelike kostes vir die gebou het £5 200 beloop, met kerk gemeentes wat rusteloos die nodige addisionele fondse ingesamel het om die gebou te voltooi en te meubuleer.
Slegs 2 maande na die uitbreek van die 2de Wêreld Oorlog in daardie selfde jaar, word President Kruger Kinderhuis te Pretoria se deure oopgestoot onder die motiveering van die hartroerende woorde van Prof. Dr. F. Postma: “Die wêreld maak oorlog en vermenigvuldig weeskinders. Die kerk maak deure oop en neem weeskinders tuis.”
Verdere wortels in Johannesburg
In die vroeë 1940’s het ons wortels verder uit gekronkel na die Suidelike Voorstede van Johannesburg.
In 1942 is daar beoog om ‘n 8 hektar (20 Akker) land te koop vir die bou van ‘n 2de kinderhuis onder die stuur van die President Kruger Kinderhuis span. Die grond was te koop vir ‘n bedrag van £10 000. Die koop van die land het egter gesloer vir 2 jaar weens verskeie besware oor die prys van die land asook die onveiligheid van die area waar die grond geleë was.
In 1944 is die President Kruger Kinderhuis te Johannesburg well geopen. Die tehuis het egter nie baie lank werksaam gebly in die gemeenskap nie en na ‘n paar jaar is hulle deure ongelukkig gesluit.
Kronkeldraaie terug na Reddersburg

Sedertdien het ons wortels verder gegroei en uitgebrei padlangs, al die pad na die dorpie Reddersburg in die Vrystaat.
In 1955 het die kerkraad van die Reddersburg omgewing ‘n terrein asook ‘n addisionele R2000 geskenk onderleiding van Prof. Dr. F. Postma. Die plasie, destyds genaamd, Smaldeel is ook aangekoop deur die kerkraad ter waarde van R7000.
In 1959 berei JJ Fouche die land voor vir bouwerk en is voortgesit met ‘n addisionele lening van £27 236 ter aankoop van boustene bekom deur die Sinodale Deputate vanaf die Department van Behuising.
Slegs ‘n jaar later in 1960 word die hoeksteen deur Prof. Dr. F. Postma neergelê.
In 1961 het ons dus ons vestigingswortels geskiet met die intrek van die eerste huisouers, Ds. en Mev. Venter, asook die eerste 18 kinders wat daar woonsaam sou word aan die begin van daardie jaar. Op die stadium was bouwerk nog aan die gang, maar tussen die boustof het die eerste inwoners hulself tuis gemaak. Die kinderhuis is amptelik later daardie jaar in Mei geopen.
Die eerste bestuur van die Reddersburg tehuis is ook in daardie jaar tot stand gebring met Prof. Dr. F. Postma as voorsitter saam met ander lede wat onder andere Mnr. Henry de Jager in sluit wat ons geliefde sekretaresse van 33 jaar (1989-2022), tannie Henriette van Vuuren se pa.
Flits Vorentoe
Vandag ontvang ons tuiste jaarliks ‘n klein persentasie van ons operasionele kostes vanaf die staat ter ondersteuning van ons kinders se opvoeding en volwasse wording.
Maar die omgee harte van die kerk gemeenskap bly ons stewigste wortels en ondersteuning.
In 2021 het die twee oorblywende President Kruger Kinderhuise in Pretoria en Reddersburg formeel en administratief geskei sodat elke huis meer gevestigde aandag aan die kinders in hulle direkte sorg kan bied, hoewel ‘n gemeenskaplike sambreel naam, liefde en omgee vir kinders steeds gedeel word.
Vandag huisves President Kruger Kinderhuis te Reddersburg met baie trots en liefde, 63 kinders. Al ons kinders word met die grootste klem op omgee en ondersteuning gehuisves en groot gemaak, om hulle sodoende te bemagtig vir die toekoms.
Welkom by ons tuiste. Welkom by ons gemeenskap van omgee. Ons hoop om u ook deel te maak van ons omgee hart!