Wie is Ons
Ons President Kruger Kinderhuis in Reddersburg is ‘n huis. ‘n Huis met ‘n hart. ‘n Huis wat omgee. En wat van ons ‘n tuiste maak is dat ons saam staan, saam werk en saam voorentoe klop – soos een groot hart!
Ons is die Reddersburg-tuiste met ‘n reuse hart. Dit is wie ons is en wie ons wil wees. Ons bestuur, ons personeel, ons kinders en ons skenkersfamilie is een groot omgeehart wat almal vir dieselfde doel klop.
Ons plaas klem op omgee, werklike en opregte omgee.
In ‘n wêreld vol uitdagings en beproewings help ons, vanuit hierdie huis om vir ons kinders geleenthede te skep en te bied.
Ons skep vir hulle geleenthede om te kan voluit leef, te kan lief hê, te kan droom en te kan doen. Ons weet die lewe is nie maklik nie, en dat ons en ons kinders baie struikelblokke op ons lewenspaadjies sal aantref, maar met die regte hulp, leiding, omgee en lewensgereedskap kan ons kinders toegerus wees om hierdie struikelblokke met ywer aan te pak.
Hoewel die lewe sy struikelblokke het weet ons en ons kinders dat die lewe ook ‘n voorreg, ‘n vreugde en ‘n roeping is.
In kort: Ons gee om!




