Privaatheidsbeleid
Die President Kruger Kinderhuis Reddersburg (PKKR) respekteer privaatheid en is toegewydt daaraan om alle besoekers en gebruikers van die webtuiste te beskerm. Hier volg dus ‘n kort saamevatting van hoe ons alle besoekers en gebruikers se persoonlike inligting gaan beskerm deur ons privaatheidbeleid.
Tipe inligting wat ingesamel gaan word
Elke rekenaar wat internet toegang het word ‘n domeinnaam en stel nommers toegeken wat dien as die rekenaar se “Internet Protokol” (Anders bekend as die rekenaar se IP adres. Wanneer ‘n besoeker ‘n bladsy vanaf die webtuiste verhaal of aanvra word die besoeker se IP adres en domeinnaam opgeneem deur die webbediener. Die IP adres en domeinnaam bevat geen persoonlike inligting van die gebruiker anders as die IP adres waarvandaan die internet konneksie gemaak is om toegang tot ons webtuiste te verkry. Ons kan hierdie inligting gebruik om verkeer op die webtuiste in totaal te ondersoek.
Ons webtuiste gaan van tyd tot tyd ‘n “cookie” op jou rekenaar stoor. ‘n “Cookie” is ‘n klein tekslêer wat vanaf ons webbediener gestuur word wat op jou hardeskyf gestoor word via jou internetblaaier. ‘n “Cookie” kan nie data vanaf jou rekenaar se hardeskyf lees of koekielêers lees wat deur ander webwerwe geskep is nie. Koekies beskadig nie jou stelsel nie. Ons webwerf kan koekies gebruik om te identifiseer watter areas van die webwerf jy besoek het om jou navigasie te bestuur. Met jou eerste besoek sal jy gevra word of jy cookies wil aanvaar of nie – dit bly die gebruiker se keuse en reg om “Cookies” te aanvaar of dan nie. Jy kan ook kies of jy “Cookies” wil aanvaar deur die instellings van jou internetblaaier te verander. Jy kan jou blaaier terugstel om alle “cookies” te weier, of jou blaaier toelaat om jou te wys wanneer ‘n “Cookie” gestuur word. As jy kies om nie hierdie “cookies” te aanvaar nie, kan jou ervaring by ons webwerf en ander webwerwe dalk verminder word en sommige kenmerke sal dalk nie werk soos bedoel nie.
Om dienste te vervul wat deur hierdie webwerf aangevra kan word, sal ons jou e-posadres en telefoonnommer benodig. Hierdie inligting, indien verskaf deur jou, sal vertroulik bly en sal nie deurgegee word aan enige iemand buite PKKR sonder om die gebruiker vooraf toestemming te vra nie.
Gebruik van persoonlike inligting
Data sal slegs gestor word vir solank as wat die inligting benodig word. Ons stoor verbruiker inligting op ons databasis tot en met die verbruiker se versoek om van ons kommunikasielyste verwyder te word. ‘n Verbruiker kan te enige tyd hierdie versoek aan ons rig deur ‘n e-pos aan ons te stuur by of deur gebruik te maak van ons aanlyn kontak vorm.
Gebruik en openbaarmaking
Ons sal slegs ‘n gebruiker se persoonlike inligting gebruik en openbaar vir die doeleindes waarvoor die inligting ingesamel word, naamlik:
- die gebruiker ingestem het tot die verdere gebruik of openbaarmaking daarvan;
- die gebruiker redelikerwys van ons verwag om dit op so ‘n manier te gebruik of openbaar te maak; of
- ons word deur die wet vereis of andersins verplig om sulke inligting bekend te maak.
Kwaliteit en sekuriteit
Ons tref elke moontlike voorsorgmaatreël om die veiligheid van al ons gebruikers se persoonlike inligting te beskerm. Ons probeer verseker dat persoonlike inligting wat ons insamel, openbaar en gebruik volledig en akkuraat is.
Toegang en regstelling
Kontak ons gerus deur middel van ons kontak nommer, faks of via epos, indien u:
- Enige toegang verlang na persoonlike inligting wat ons stoor;
- Ons van enige wysigings, aanpassings of regstellings aan u persoonlike inligting wil maak;
- Verlang dat u persoonlike inligting vanaf ons sisteme verwyder moet word.
Ons mag toepaslike en redelike bewys van identiteit van u verlang voor enige stappe geneem sal word om enige van die bogenoemde versoeke uitvoer.
Toestemming
Deur gebruik te maak van die PKK webtuiste, gee u toesteming tot die insameling en gebruik van inligting soos gespesifiseerd in die bogenoemde uiteensetting. Indien enige veranderinge aan ons privaatheidsbeleid aangebring word sal u in kennis gestel word deur middel van kennisgewings op die webtuiste self, sodat u te alle tye bewus is van watter inligting ons insamel, hoe dié inligting gebruik gaan word en onder watter omstandighede dié inligting openbaar gemaak sal word.
Hoe ons gebruiker inligting beskerm
PKKR gebruik toepaslike data-insameling, berging en verwerkingspraktyke en neem alle maatreëls wat redelikerwys nodig is om gebruikers te beskerm teen die ongemagtigde toegang, gebruik, verandering of vernietiging van potensieel persoonlik-identifiseerbare inligting.
Deel van persoonlike inligting
Ons verkoop, verhandel of verhuur nie gebruikers se persoonlike identifikasie-inligting aan ander nie. Ons kan generiese saamgestelde demografiese inligting wat nie gekoppel is aan enige persoonlike identifikasie-inligting rakende besoekers en gebruikers, met ons sakevennote, vertroude affiliasies en adverteerders deel vir die doeleindes soos hierbo uiteengesit.
Beskerming van sekere persoonlik identifiseerende inligting
PKKR openbaar potensieel identifiseerbare inligting slegs aan die van sy werknemers, kontrakteurs en geaffilieerde organisasies (soos finansiële diensverskaffers) wat (i) van daardie inligting moet gebruik maak om dit namens PKKR te verwerk of om dienste te lewer soos deur die gebruiker versoek, en (ii) wat ingestem het om dit nie aan ander bekend te maak nie.
Anders as aan sy werknemers, kontrakteurs en geaffilieerde organisasies, soos hierbo beskryf, openbaar PKKR potensieel identifiseerbare inligting slegs in reaksie op ‘n dagvaarding of hofbevel.
As ‘n gebruiker ons gekontak het en aan ons ‘n e-posadres verskaf het, kan PKKR af en toe ‘n e-pos stuur om die gebruiker in te lig van ons sosiale en fondsinsamelingsaktiwiteite, om die gebruiker se terugvoer te vra, of om die gebruiker net op hoogte te hou van wat by die PKKR aangaan . Hierdie kommunikasie sal selde wees.
Derde party webtuistes
Gebruikers kan skakels na ander werwe op ons webwerf vind. Ons beheer nie die inhoud of skakels wat op hierdie werwe verskyn nie en is nie verantwoordelik vir die praktyke wat gebruik word deur webwerwe wat aan of van ons webwerf gekoppel is nie.
Daarbenewens kan hierdie werwe of dienste, insluitend hul inhoud en skakels, voortdurend verander. Hierdie werwe en dienste kan hul eie privaatheidsbeleide en kliëntediensbeleide hê. Blaai en interaksie op enige ander webwerf, insluitend webwerwe wat ‘n skakel na ons webwerf het, is onderhewig aan daardie webwerf se eie bepalings en beleide.
Eienaarskap oordrag
In die onwaarskynlike geval dat die PKKR deur ‘n ander organisasie oorgeneem word of gesluit word, sal gebruikerinligting een van die bates wees wat deur ‘n derde party oorgedra of verkry word.
Jy erken dat sulke oordragte kan plaasvind, en dat enige organisasie wat die PKKR verkry, kan voortgaan om jou persoonlike inligting te gebruik soos uiteengesit in hierdie beleid.
Aanvaarding van hierdie terme
Deur hierdie webwerf te gebruik, dui u aan dat u hierdie beleid aanvaar. As u nie instem tot hierdie beleid nie, moet asseblief nie van ons webwerf gebruik maak nie. Jou voortgesette gebruik van die webwerf na afneem van enige wysigings aan hierdie beleid sal as jou aanvaarding van daardie wysigings beskou word.
